Operasie Shanela, die hoëdigtheid multidissiplinêre operasie, is van 11 tot 18 Februarie 2024 oor die al vyf distrikte uitgevoer.

Die nul-toleransie-benadering van alle rolspelers het verseker dat altesaam 372 verdagtes in hegtenis geneem is, van wie 180 daagliks gesoekte verdagtes was wat deur speurders aangekeer is.

Aksies het voertuigkontrolepunte, padblokkades en stop-en-soektogte ingesluit waar 6835 persone en 3312 voertuie deursoek is.

Nakomingsinspeksies is gedoen by tweedehandse goederehandelaars, skrootmetaalhandelaars, vuurwapenhandelaars sowel as formele en informele besighede.

Altesaam 8 ongelisensieerde drankwinkels is gesluit.

Patrollies is in landelike gebiede uitgevoer waar 75 plase besoek is.

“Daar is beslag gelê op ‘n aansienlike hoeveelheid alkohol en dwelms, asook koperkabel, gevaarlike wapens en onwettige sigarette ter waarde van meer as R1 miljoen,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder, Kolonel Cherelle Ehlers gesê.

Verdagtes is gearresteer vir ernstige misdade, insluitend die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, onwettige handel in dwelms, besit van onwettige sigarette, en dwelms, poging tot moord, aanranding geslagsgebaseerde geweld, huisbraak en onwettige mynbou.

Speurders het 180 gesoekte verdagtes opgespoor en gearresteer vir ernstige en gewelddadige misdade, insluitend moord, verkragting en aanranding (geslagsgebaseerder geweld).

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *