‘n Trein het Sondag (04/08/2024), by ‘n treinspoorwegkruising op Groenwater, Postmasburg met ‘n bakkie gebots waarvan 4 mense hul lewens verloor het en 3 ernstig beseer was.
Die ongeluk word huidiglik deur die Postmasburg polisie ondersoek.
Volgens Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, kolonel Cherelle Ehlers, het die botsing Sondag, omstreeks 15:00 plaasgevind.
Ehlers het gesê dat die bakkie, met 12 passasiers, probeer het om die treinspoor oor te steek toe dit deur ‘n aankomende trein getref is.
Blykbaar het die voertuig op die spore vasgeval en van die volwasse passasiers het dit probeer wegstoot toe die ongeluk plaasgevind het.
Dit het tragies daartoe gelei dat 2 vroue, een manlike bestuurder en ‘n sesjarige seun hul lewens verloor het.
Drie van die passasiers wat ernstig beseer was, is in die hospitaal, besig om herstel.
