Reën maak dit moeilik om sprinkane te bestry

 Reën maak dit moeilik om sprinkane te bestry

https://rosestad.co.za/wp-content/uploads/2021/04/Sprinkane.jpg

Sprinkaanbestryders in die Noord-Kaap is onlangs deur die reën afgeskrik om voort te gaan met bestryding, maar die uitbreking onder beheer.


‘n Woordvoerder van die departement van landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Zandisile Lupahla het die bogemelde mening bevestig.

Luphahla verduidelik dat hulle verwag dat die nasionale Departement van Landbou ‘n vliegtuig sal gebruik wat sprinkanebestrydingspanne op die grond sal kan bystaan.


Intussen vertel hy dat daar teenstrydige reaksies van spanne was.


“Een groep is van mening dat die besproeiing van sprinkane deur die gebruik van ‘n vliegtuig baie doeltreffender is en die vermoë het om meer en groter gebiede te bespuit. Die ander span, aan die ander kant, sê dat die gebruik van voertuie doeltreffender is om swerms te bestry.”


Die provinsiale departement doen egter alles in sy vermoë om spanne by te staan.


Gebiede wat steeds deur uitbrekings geraak word, sluit in Upington, Britstown, De Aar, asook Marydale.


Luphahla voeg by dat onbewoonde plase ‘n probleem vir sprinkaanbestrydingspanne inhou aangesien hulle nie die eiendom kan betree nie, en omdat niemand op die plaas teenwoordig is nie, broei die swerms daar en gaan ongemerk verby totdat hulle na ander gebiede vlieg.

Bron: OFM-nuus

Bernadine Hearn

Related post