Springbok Kliniek sien binnekort die daglig!

 Springbok Kliniek sien binnekort die daglig!

Foto: Verskaf

Die dagkliniek op Springbok binnekort heropen, met behulp van die Nama Khoi munisipaliteit, privaatsektor, Springbok Superspar en die Namakwa distriksmunisipaliteit.

Die Burgemeester en Speaker van die Nama Khoi munisipaliteit, dr. Gustav Bock en Rodney Kritzinger het hard daaraan gewerk om hierdie kliniek ’n realiteit te maak.

Die kliniek-projek vorm deel van Springbok Superspar se 40-weke vir ‘n verskil liefdadigheidsprojek.

Springbok Superspar het hierdie projek geloods, waar hulle vir 40-weke van hul eie hulpbronne gebruik maak, om ‘n volhoubare verskil in die plaaslike gemeenskappe te kan maak.

Steffanie Van Wyk by Spar het hierdie projek gedoop as broodnodig, reeds omdat hulle nie net na die gesondheidsektor kyk tydens die 40-weke nie.

Die projek het ook ander suksesse teweeg gebring soos die bushokkie op die Nababeep-pad, om inwoners te kan beskerm teen die wind en weer tydens erge weerstoestande.

“Springbok Superspar is super opgewonde om deel te wees van hierdie projek! Vir ons 40 weke vir ‘n verskil inisiatief gee ons terug aan die gemeenskap ! Ons gaan help om die Springbok Kliniek na 32 jaar, na groter perseel te skuif en aan ons gemeenskap ‘n blink nuwe kliniek te voorsien wat voldoen aan die groeiende behoeftes daarvan”, het Springbok Superspar op hul amptelike Facebook-blad laat hoor.

“Primêre gesondheidsorg is ’n basiese diens waarop inwoners geregtig is. Met die regte persone en instansies wat inkoop in hierdie projek, sal die Springbok Kliniek binnekort die daglig sien,” het dr. Bock gesê.

Die Speaker, Rodney Kritzinger verwelkom die verligting wat dit die plaaslike hospitaal gaan bied.

“Die Springbok Kliniek sal beslis die werklas van die hospitaal verminder sodat pasiënte wat ernstige mediese sorg benodig, mediese hulp daar kan ontvang,” het Raadslid Kritzinger gesê.

Die plaaslike gemeenskapslede is in hul noppies oor die opgeknapte kliniek wat eerdaags sal heropen.

Bronne: Springbok Superspar, Nama Khoi Munisipaliteit

Marsilino Lapont

http://Marsilino

Catch Marsilino LaPont weekdays between 6am and 9am on Morning Joy! Marsilino is also a radio journalist and news reader for Radio NFM 98.1.

Related post