SoupDrive poog om armoede in mees kwesbare gemeenskappe aan te spreek

 SoupDrive poog om armoede in mees kwesbare gemeenskappe aan te spreek

Soos die dae in die kouer word, kan jou oog dit nie miskyk na die kinders wat karig gekleë is nie.

Jy kry sommer hul part vreeslik koud, terwyl jy warm gekleë is.

Dit laat besef jou dat daar ‘n groot behoefte is aan warm wintersklere onder veral kinders.

 Kovid-19 het sy tol geëis en vele huishoudings sonder ‘n inkomste gelaat.

Ouers, inteendeel is meer bekommerd, veral wanneer hulle wonder waar die volgende bord kos vandaan gaan kom.

Dan kom die realiteit weer daar is niks om op die tafel te sit en wat dit nog moeiliker maak vir sommige ouers in die Namakwa-distrik en dis boonop winter.

Dan kom die SASSA betaling, maar dit bedek skaars ‘n gaatjie en vir ‘n oomblik kan ouers asem haal.

Die kinders is tuis weens die skoolvakansie en dit is in hierdie tyd wat kinders  baie eet.

“Mammie, ek is honger”, word  gedurig deur die dag gehoor en soms raak die ma stil en huil stilletjies in haar hart want sy het geen antwoord vir haar kinders nie.

Die radio in die agtergrond speel in haar huis, terwyl daar nog “bietjie krag” in die boks is.

As diè ook uitgaan weet sy nie waar om ‘n geldjie in die hande te kry vir krag aankope nie.

Sy het al probeer om los werkies in die hande te kry, maar dit was ook tevergeefs.

Beurtkrag het sy voordele vir die werklose ouers, op die manier kan hulle op hul krag eenhede bespaar.

Die draadloos speel en die advertensie waarin Ricardo Simon, Radio Nfm se SoupDrive ambassadeur aankondig van die winter uitreinkingsprojek .

Die jaarlikseliefdadigheid- en uitreikingsveldtog van die draadloos word saam met die veldtog om komberse in te samel geloods.

Dit is om die luisteraars wat nie ‘n warm kombers het, te help om een te bekom tydens die veldtog.

Die hulp van die luisteraar, besighede, nie-regeringsorganisasies en individue word benodig om ‘n sukses van die veldtog te maak.

Die volgende word dus benodig; droë sop produkte, kruideniersware, brood, brandstof, komberse en kontant bydraes sal ook verwelkom word.

Goedere kan afgelewer word by Radio Nfm se kantore te Hoofweg Okiep.

Kontant betalings kan in Radio Nfm se bankrekening gemaak word; Radio Nfm: Standard Bank, rekening nommer, 082 377 618, Springbok Tak, en die verwysing wat gebruik kan word is SoupDrive vir u inbetalings. 

Bernadine Hearn

Related post