Die Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan het op Donderdag, 11 April 2024 drie verdagtes gearresteer omdat hulle met noodsaaklike infrastruktuur gepeuter het.

Noord- Kaapse polisiewoordvoerder, Sersant Timothy Sam het bevestig dat die span inligting opgevolg het oor drie werknemers van ‘n subkontrakteur wat na bewering die kragsubstasie in North Circularweg binnegegaan en 8 batterye verwyder het.

“Die span het die drie verdagtes van 23, 28 en 32 jaar oud dieselfde dag in hegtenis geneem en die gesteelde batterye by ‘n huis in Mogul Park, Kimberley, gekry,” het Sam gesê.

Die verdagtes sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die vinnige reaksie deur die polisielede geloof wat die arrestasie en terugwinning van gesteelde goedere verseker het.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content