‘n Hoogs suksesvolle Kommunikasieforum het op Kuboes in die Richtersveld Munisipaliteit, op Dinsdag, 02 Augustus plaasgevind.
Die sektor departemente, het kwessies deeglik bespreek wat verband hou met kwaliteit dienslewering.
Die departemente teenwoordig het ook verslag gedoen oor die vorige kwessies en die uitdagings wat gemeenskapslede in die gesig staar, asook intervensieplanne en oplossings.
Voorleggings van elke departement is gedoen, met ‘n vraag-en-antwoordsessie om duidelikheid te kry rondom verskeie diensleweringsaangeleenthede.
Die Burgemeester, Cornell Knoph het die belangrikheid van effektiewe kommunikasie met belanghebbendes, georganiseerde groepe, gemeenskapsformasies, geloofsgebaseerde instellings en alle gemeenskapslede beklemtoon.
“Kom ons werk saam en fokus daarop om oplossings te vind en daar te stel vir uitdagings wat die kiesers in die gesig staar,” het Knoph afgesluit.




