Valke gee jongmense blootstelling aan arbeidsmark

 Valke gee jongmense blootstelling aan arbeidsmark

Foto: Verskaf @Noord-Kaap Valke

Galeshewe SAPD het saam met die Stasie Gemeenskapspolisiëringsforum verskillende belanghebbendes binne die sekuriteitsgroepering uitgenooi na ‘n geleentheid om ook deel te neem aan vanjaar se ‘Neem ‘n Seun\Meisie-kind werk toe-geleentheid.’

Die doel is om hulle bloot te stel aan beroepe beskikbaar in die SAPD-familie en Departement van Korrektiewe Dienste.

Valke woordvoerder, kaptein Teboge Thebe het bevestig dat die geleentheid het op Woensdag, 25 Mei 2022 by op die perseel van die stasie plaasgevind.

Talle SAPD- en gespesialiseerde eenhede was teenwoordig en leerders van naburige skole was genooi.

Die leerders is blootgestel aan verskillende dissiplines en die akademiese vereistes van die dissiplines.

‘n Deel van die dag se aktiwiteite was die eenhede ook verplig om problematiese misdade te deel wat leerders as teikens in die gesig staar, terwyl hulle ook aangespoor is om op hul studies te fokus vir ‘n regverdige toekoms.

“Die Valke het Mensehandel uitgelig wat na vore kom as ‘n misdaad wat leerders teiken en die behoefte vorm om bewus te wees om die waarskuwingstekens van vrouehandel op te spoor, insluitend die gebruik van dwelms wat ‘n uitdaging bly vir ‘n aantal van ons leerders landwyd,” het Thebe gesê.

Ter afsluiting het die Valke geskenksakke aan die leerders oorhandig wat skryfbehoeftes bevat.

Bernadine Hearn

Related post