SAPD trek verdagte vas met dagga in sy besit

 SAPD trek verdagte vas met dagga in sy besit

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

’n 56-jarige man sal na verwagting binnekort in die Colesberg-hof verskyn op aanklag van handel in dagga.

Op Dinsdag 24 Mei 2022 omstreeks 23:05 het Colesberg-polisielede op ‘n wenk opgetree oor ‘n man wat na bewering gesien is waar hy daggapakkies by ‘n vragmotorbestuurder aflaai vir aflewering in Kaapstad.

Kaptein Olebogeng Tawana, woordvoerder vir die polisie het bevestig dat lede van die Colesberg Flying Squad en Voertuig Identifikasie-eenheid het ‘n wenk ontvang terwyl hulle ‘n statiese padblokkade op die N1 uitgevoer het. Volgens die inligting is gesien hoe die verdagte versteekte dagga-bokse aan ‘n vragmotorbestuurder by ‘n vulstasie op N1 in Colesberg oorhandig.

Die SAPD-lede het die inligting takties geoperasionaliseer en op die verdagte toegeslaan.

“Die verdagte het die polisie teruggeneem na die vragmotor by die vulstasie, en toe hy die vragmotor deursoek het, is vier bokse gevul met versteekte dagga van 82 kilogram met ‘n geraamde straatwaarde van  R123 000 in die vragmotor gevind. Die dagga sou in Kaapstad afgelewer word,” het Tawana gesê.

Die distrikskommissaris van Pixley Ka Seme, Brigadier Nomana Adonis het die gemeenskapslede geloof wat waardevolle inligting gedeel het wat gelei het tot die arrestasie van die verdagte, en die lede wat by die uitvoering van die arrestasie betrokke was, geloof.

Bernadine Hearn

Related post