“Dit is vir my inderdaad ‘n groot voorreg om deel te wees van Radio NFM,” het Pieter van Greunen, algemene bestuurder van Vedanta Zinc International gesê by die onlangse verjaarsdagvieringe van die radiostasie.

Hy het bygevoeg dat hy verneem dat ‘n gradeplegtigheid op Vrydag, 18 November 2022 plaasgevind het.

“Ek dink dit is absoluut fantasties en kommunikasie is mos wat jy sien en hoor en wat jy skryf. En ek dink radio is wat ons met mekaar kan praat,” het hy ligtelik bygevoeg.

Van Greunen vertel wat in sy huis gebeur is dat die Grootman daarbo aan hom 5000 woorde per dag toegeken het en sy liefdevolle vrou, Ezelle met 12000 woorde.

As hy besig is by die werk en daarna tuiskom het hy net so 4 woorde oor, dan sê hy “hallo liefie” dan het hy nog net een oor vir die res van die aand.

Dit is net daar wat jy die radiostasie nodig het om jouself op te maak daarvoor.

Vedanta myn het ‘n verhouding met Nfm vir die afgelope 5 jaar al.

Dit is uiters belangrik vir die mynreus om Radio NFM te ondersteun, te borg en deel te wees van die stem van die Namakwa mense..

Vir VZI is kommunikasie baie belangrik veral , as hulle moet reflekteer oor die afgelope tyd en waar die myn die PinkDrive aanbied waar NFM instrumenteel was.

Nfm deel die inligting en kom tot by elke  gemeenskap.

Selfs met die katarak operasies, speel Nfm ‘n  rol.

“Dan is daar goeie tye, as ek dink aan Fase een se afkondiging van en hoe was julle ouens betrokke daar om vir almal te vertel van Gamsberg. Fase twee van Gamsberg, julle het ‘n groot rol gespeel om dit ook vir ons kon uitrol,” het van Greunen bygevoeg.

As hy dink aan die slegte tye, op 17 November 2020, wat hulle die slope failing gehad hetwat presies twee jaar gelede was en selfs met dit het Nfm die myn mee gehelp.

Met dit kon die gemeenskap op datum bly van wat op Vedanta gebeur.

“Ons geniet dit verskriklik baie en as dit dan by pledges kom, moet ek dan ook sê, ons pledge om julle by te staan vir die res van die tyd. Ons het dit ook goed gekeur dat ons die uitrol van die sein na die Khai Ma streek sal borg. Dit is vir ons ‘n absolute voorreg om deel daarvan te kan wees. Ons wil saam met julle werk en ek dink dit is vir ons dametjie (Radio Nfm 98.1) wat in haar tweede jaar is en dit is haar eerste beurs, wat ons gaan uitdeel,” het van Greunen gesê.

Dit gaan die myn help om die boodskap van hoop aan die mense ook vorentoe te dra.

Die enigste manier om uit armoede uit te kom is deur kennis en van Greunen is van mening dat die radiostasie kan ‘n baie groot rol speel om die kennis uit te dra.

Alles is uit dankbaarheid en kan net vir die Grootman dankie sê vir dit, het hy gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content