Khâi-Ma Plaaslike Munisipaliteit het op Woensdag, 31 Januarie 2024, sy eerste Raadsvergadering by die Munisipale Raadsaal in Pofadder belê.

Die sessie het belangrike sake aangespreek wat deurslaggewend is vir die munisipaliteit se bestuur en aanspreeklikheid.

Een van die beduidende hoogtepunte van die vergadering was die aanbieding van die munisipale oudituitkoms vir die 2022/2023 finansiële jaar deur die Ouditeur-Generaal van Suid-Afrika (OGSA).

Die munisipaliteit het ‘n omvattende oudit ondergaan, en ons het ‘n gekwalifiseerde ouditmening ontvang.

Die munisipaliteit se ouditmening het gekwalifiseerd gebly soos per vorige jaar, dus het hul nie agteruitgegaan nie.

Die aantal kwalifikasies wat ter tafel gelê is, wat die munisipaliteit ontvang het, het afgeneem vanaf die vorige jaar wat aangedui het dat die munisipaliteit besig is om paaie in ons pad te maak om die oudit-uitkomste skoon te maak.

“Ons het ook minder werklike ouditbevinding ontvang wat afgeneem het vanaf die vorige finansiële jaar. Ons erken hierdie bevindinge en is verbind tot vinnige en doeltreffende regstellende aksies,”

Ander aanbiedings wat ter tafel gelê is vir oorweging, was die Jaarverslag vir die 2022/23 finansiële jaar, wat insigte bied in die munisipaliteit se prestasies en mylpale gedurende die afgelope boekjaar.  

Die halfjaarbegrotingsverslag werp lig op die finansiële posisie en prioriteite vir die deurlopende boekjaar.

Hierbenewens rapporteer die Prestasie-evaluering.

Verder het die Khâi-Ma Munisipale Raad ‘n Belanghebbende-betrokkenheidstrategie vir Khâi-Ma Munisipaliteit aanvaar met betrekking tot die Openbare Privaat Vennootskap op Plase Nombies en Brabis om Energie van Onafhanklike Kragprodusente te verkry.

“Ons moedig die gemeenskap aan om by ons betrokke te raak terwyl ons werk aan die verbetering van Khâi-Ma. Khâi-Ma Munisipaliteit sien uit na ‘n jaar van volgehoue vooruitgang, samewerking en positiewe impak op die lewens van ons inwoners.”’

Jou is plaaslike bestuur.

Khai-Ma Munisipaliteit

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *