Veediefstal verdagtes vasgekeer

 Veediefstal verdagtes vasgekeer

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die polisie in Marydale het onlangs inligting opgevolg oor beweerde veediefstal in die gebied wat gelei het tot die beslaglegging op karkasse wat vermoedelik gesteel is.

“Drie manlike verdagtes is in hegtenis geneem vir die besit van beweerde gesteelde voorraad/produkte nadat skaap karkasse en vleis by hul perseel in Marydale gevind is,” het Luitenant-Kolonel Sergio Kock, woordvoerder vir die polisie in die Noord-Kaap gesê.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde voorraad/produkte.

Die ondersoek duur voort. 

Bernadine Hearn

Related post