Phillistown SAPD-lede trek dwelm verdagtes vas

 Phillistown SAPD-lede trek dwelm verdagtes vas

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die waaksaamheid van Phillipstown se SAPD-lede terwyl hulle roetine-misdaadvoorkomingspatrollies uitgevoer het, het daartoe gelei tot die stop en deursoeking van twee mans wat verdag voorgekom het.

Die voorval het op 15 Mei 2022 omstreeks 22:20 in Phillipstown plaasgevind.

“Die polisie het 11 sakkies Tik, 7 vol en 6 kwart mandrax tablette in ‘n slingersak ontdek wat een van die mans in sy besit gehad het. Die straatwaarde van die dwelms word geskat op R2000,” het Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê.

Die 27-jarige man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van handel in dwelms.

Die ondersoek duur voort. 

Bernadine Hearn

Related post