KLEINSEE – Die Kleinsee polisie, in die Noord-Kaap is tans besig met ‘n geregtelike doodsondersoek na die afsterwe van dertien (13) mans by die Tweepad-myngebied, naby Kleinsee.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant-Kolonel Sergio Kock het op ‘n navraag van NFM Nuus gereaggeer, en gesê: “Voorlopige verslae dui daarop dat die oorledenes ondergronds vasgekeer was toe die tonnels ineengestort het.”

Die eerste voorval het op 31 Julie 2023, omstreeks 17:45 plaasgevind, toe ‘n tonnel ineengestort het en een liggaam van ‘n oorlede man teruggevind is.

Die tweede voorval het na bewering op 01 Augustus omstreeks 20:00 in dieselfde myngebied gebeur, toe ‘n tonnel op ‘n groep mans ineengestort het, en agt liggame teruggevind is.

Kock het bevestig dat nog vier lyke gisteraand omstreeks 21:00 uit die gebied gevind is.

“In hierdie stadium is die identiteit en nasionaliteit van die oorledenes nog nie bekend nie, aangesien die polisieondersoek voortduur,” het Kock afgesluit.

Written by:

Catch Marsilino LaPont weekdays between 06H00 - 09H00, on Morning Joy! LaPont is a radio news anchor, radio journalist and presenter.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *