Getuienis wat voor die Springbok-streekhof gelewer is, het gehoor hoe die klaer op Vrydag, 17 April 2020 gevind het dat daar by sy huis in Vioolsdrift ingebreek is.

Die klaer het die polisie in kennis gestel, en ‘n saak is daarna geopen en ondersoek.

Die beskuldigde is opgespoor en gearresteer, en die gesteelde eiendom is teruggevind.

 “Die Springbok-streekhof het onlangs die 32-jarige Richard Kock skuldig bevind en gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf vir huisbraak en diefstal, tien jaar gevangenisstraf vir die besit van ‘n vuurwapen, waarvan drie jaar opgeskort is en een jaar gevangenisstraf vir die besit van ammunisie,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Molefi Shemane gesê.

Die Namakwa-distriksbestuur het die vonnisoplegging verwelkom en die Ondersoekbeampte Speursersant Elrich Losper en mnr Basil Kock van die Nasionale Vervolgingsgesag toegejuig vir die leiding van die getuienis tydens die hofverrigtinge en die verkryging van ‘n skuldigbevinding.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *