Speurders verbonde aan die Carnarvon-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) het onlangs twee afsonderlike skuldigbevindings vir statutêre verkragting verkry.
Die eerste voorval het op 12 November 2023 omstreeks 02:00 plaasgevind toe die pa van die 13-jarige vroulike slagoffer haar by die 18-jarige verdagte se huis in Carnarvon gevind het.
“Die slagoffer het beken dat hy konsensuele seks met die verdagte gehad het en daar is bevind dat sy swanger is,” het polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê.
Die verdagte is gearresteer en het op 03 April 2024 voor die hof verskyn en skuldig bevind en gevonnis tot 6 jaar gevangenisstraf wat vir 5 jaar opgeskort is.
Intussen in ‘n aparte voorval wat op 27 Januarie 2024 ook in Carnarvon plaasgevind het, is nog ‘n 13-jarige in die krot van ‘n 21-jarige man gevind.
Die slagoffer het ook erken dat hy konsensuele seks met die man gehad het en hy is ook in hegtenis geneem.
Kock het gesê dat die beskuldigde het op 3 April 2024 in die Carnarvon-streekhof verskyn en is gevonnis tot 6 jaar gevangenisstraf wat geheel en al vir 5 jaar opgeskort is.
Beide die beskuldigdes se name is in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders opgeneem.
Die SAPD-bestuur prys Speur- Sersant Marlon Eksteen en Speur- konstabel Dineo Potjeng van die Carnarvon FCS-eenheid vir die vonnisse wat verseker het dat geregtigheid gedien het aan slagoffers van geslagsgebaseerde geweld en het daarop gesinspeel dat beamptes sal voortgaan om hul reaksies op te skerp om misdade van hierdie aard te bekamp. . Einde.