25-Jarige man gevonnis vir statutêre verkragtig

 25-Jarige man gevonnis vir statutêre verkragtig

Die Waarnemende Adjunk-Provinsiale Kommissaris vir Misdaadopsporing, Brigadier Nicky Mills, het konstabel Ngcaphayi verbonde aan die De Aar FCS-eenheid geloof vir uitstekende ondersoekwerk in die statutêre verkragtingsaak van ‘n 14-jarige vroulike slagoffer.

Die slagoffer het die ondersoekbeampte ingelig oor wie die pa van haar twee maande oue baba is waarna hy ‘n ondersoek ingestel het.

“Die slagoffer se 25-jarige kêrel is op 27 Maart 2022 gearresteer en van statutêre verkragting aangekla. Hy is op Woensdag 11 Mei 2022 in die De Aar-streekhof skuldig bevind soos aangekla en tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis,” het Kaptein Olebogeng Tawana, woordvoerder vir die polisie gesê.

Die vonnis is egter vir vyf jaar opgeskort en die Landdros het hom onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en ook beveel dat sy naam in die Nasionale Seksoortredersregister aangeteken moet word.

Bernadine Hearn

Related post