Candice Jacobs is ‘n 25-jarige model, sanger, media-persoonlikheid en moeder, wat binnekort Namakwaland op nasionale verhoog in die modebedryf gaan verteenwoordig.

Jacobs – ook ‘n voormalige omroeper van Radio NFM 98.1 – het oor die jare naam gemaak as musiek-kunstenaar.

Sy het aanvanklik haar bekendheid verwerf toe sy gekroon was as Mejuffrou Tiener Namakwaland 2017 – ‘n gesogte plaaslike skoonheidskompetisie wat fokus op gemeenskapsontwikkeling en jeug-aktiwiteite.

In 2018 raap sy die kroon op van Miss Cover Girl 2018/2019, en skenk maande na dit geboorte aan haar pragtige dogter Kaycee.

Jacobs het haar persoonlike storie gebruik om jong meisies te inspireer en te groei, en het toe lag-lag die Miss Heritage Port Nolloth 2018/2019 – titel ook gewen.

As sanger tree sy gereeld op by gemeenskapsaangeleenthede soos Jeugdagfunksies, Vrouedagfunksies en feeste, maar haar hart het nog altyd bokgespring vir die glansryke modewêreld.

Jacobs is geen vreemdeling tot die stelling; “Dis nie maklik nie”, en moes al baie keer uitdagings verduur, terwyl sy haar drome bewaarheid.

Jacobs vertel dat die geleentheid gekom het as ‘n verassing en ‘n uitdaging, maar dit kry haar nie onder nie!

Dit was ‘n deurslaggewende oomblik toe Jacobs verklap het dat sy verken was deur die nasionale modelhuis, Mashley Model Management (MMM), een van Suid-Afrika se voorste professionele modelagentskappe.

Die opgewondenheid was tasbaar onder Namakwalanders toe die modelagentskap in Julie op hul sosiale media platforms bevestig dat Jacobs deel gaan wees van die komende en opwindende Mahikeng Modeweek, Platinum Modeweek en 012 Pretoria Modeweek.

Jacobs is baie opgwonde oor die geleentheid wat oor haar pad gekom het, en glo dat sy ‘n goeie indruk sal maak met haar unieke styl, borrelende persoonlikheid en oneindige talent.

Die modeweek skop af op 19 Augustus en tot dan gaan Jacobs robuuste bemarking doen – wat hoofsaaklik finansiële donasies insluit – om te gaan deelneem aan die modeweek.

Die Mahikeng Modeweek is ‘n glansgeleentheid wat die beste in die Suid-Afrikaanse modewêreld vier. Mode-entosiaste sal die kans hê om die nuutste neigings te sien, unieke stukke te koop en deur plaaslike en gasontwerpers geïnspireer te word.

Vanjaar se geleentheid sal ‘n verskeidenheid optredes bevat en belangstellendes sal ook die geleentheid hê om met ander mode-entoesiaste te skakel en hul liefde vir styl te deel.

Mahikeng Modeweek vind vanaf 19 Augustus by die Mmabatho Burgersentrum plaas.

Plaaslike besighede en individue wat graag ‘n bydrae tot Jacobs se toekoms wil lewer, kan kontak maak met haar, by 073 476 9419.

Jacobs glo aan die volgende stelling: “Wees die beste weergawe van jouself.”

Written by:

Catch Marsilino LaPont weekdays between 06H00 - 09H00, on Morning Joy! LaPont is a radio news anchor, radio journalist and presenter.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *