In ‘n poging om die voortsetting van onwettige mynbedrywighede in die Namakwa-distrik aan te spreek, het die Provinsiale Kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola, ‘n twee-in-een gesamentlike multi-dissiplinêre operasie uitgevoer.

Brigadier Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder het in ‘n verklaring gesê dat die hooffokus was gerig op onwettige mynbou by die AK 64-mynblok en die Springbok-koshuis geleë in Kleinzee.

Die operasies is gelei deur die luitenant-generaal Otola, vergesel van haar drie adjunk-provinsiale kommissarisse, provinsiale hoofde, senior bestuurders van die nasionale kantoor, die Namakwa-distriksbevelvoerder en amptenare van die departement van binnelandse sake, provinsiale komponente en eenhede.

“Die multi-dissiplinêre operasie is in die Namakwa-omgewing uitgevoer en het onwettige mynwerkers ‘n harde slag toegedien na ‘n misdaadintelligensie-gedrewe. Dit was oor twee dae uitgevoer wat op 19 September 2023 begin het en 20 September 2023 geëindig het,” het Gamieldien gesê.

Tydens die ontwrigtende aksies is ‘n totaal van 867 persone aangekeer en gearresteer vir verskeie oortredings waarvan die meerderheid ongedokumenteerde persone was.

Die operasie het gefokus op onwettige mynbedrywighede in die Kleinzee-omgewing waartydens daar op talle graaftoerusting en -implemente beslag gelê is.

Tydens die aksies het polisielede die myngebiede binnegegaan en onwettige delwers in die ongemagtigde gebiede gearresteer.

Die Springbok-koshuise is ook gesloop.

Ongelukkig is drie mans tydens die aksies beseer en het daarna mediese behandeling ontvang.

Verskeie SAPD-stasies en -eenhede in die Namakwa-distrik, Provinsiale Komponente en die

Departement van Binnelandse Sake het aan die uitvoering van die operasie deelgeneem.

Immigrasiebeamptes was tydens die uitvoering van die operasie ter plaatse.

Alle aangehoudenes sal in verskeie landdroshowe in die distrik verskyn en na aanhoudingfasiliteite oorgeplaas word.

Drie SAPD-helikopters het die grondmagte met lugsteun bygestaan deur hulle in die myngebied te rig.

“Die Provinsiale Kommissaris, Luitenant-Generaal Otola het die multi-dissiplinêre taakspanne, insluitend die bestuur van die AK 64-myn wat gehelp het met die uitvoering van die ontwrigtende aksies geprys en verklaar dat hierdie aksies ‘n duidelike boodskap aan onwettige mynwerkers stuur dat hul verontagsaming van die wet nie geduld word nie en voortdurende optrede sal onverpoosd en meedoënloos seëvier,” het Gamieldien bygevoeg.

Sy het ook die lede van alle agentskappe bedank vir hul toewyding in hierdie samewerkende strewe om die myne van onwettige delwers terug te eis.

Terselfdertyd is ‘n duidelike boodskap aan die plaaslike inwoners uitgereik dat die huisves van onwettige buitelanders en ongedokumenteerde persone ‘n oortreding is, en hulle sal vervolg word.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *