’n Tiener wat ’n winkeltrollie-assistent aangeval en hom in die nek gesteek het, is deur die streekhof in Kimberley tot 10 jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Die vonnisoplegging kom nadat Emmanuel Ali (19) vandeesweek skuld beken het op die moord op Itumeleng Godfrey Marekwa (20) by ‘n Shoprite-winkel in Barkly-Wes.

Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, lt-kol Sergio Kock, het gesê: “Marekwa het op Saterdag 11 Desember 2021 buite Shoprite as ‘n winkeltrollie-assistent gewerk toe hy deur die beskuldigde in die nek gesteek is, na ‘n kort rusie.

“Marekwa is op die toneel dood en Ali is deur die polisie in hegtenis geneem.”

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *