Die Noord-Kaapse provinsiale wetgewer het gister sy openbare verhoor gehou in die Okiep Rec Club.
Dit het gehandel oor die Nasionale Gesondheids Versekeringswetsontwerp en openbare kommentaar was van die gemeenskap verwag.
Die Speaker, Newerene Klaaste, het die NGV Openbare Verhoorsessie ge-open en het ‘n kort oorsig van die rol van die provinsiale wetgewer, die petisiestelsel, die toesigfunksie oor die Hoofbestuur en munisipaliteite en die belangrikheid van openbare deelname gedeel.
Mnr Joshua Losper, wyksraadslid van wyk 6, het ‘n mondelinge voorlegging gewlewe oor die NGV-wetsontwerp wat die gesondheidstelsel deur die NGV verbeter.
Me. Cynthia Lucas, ‘n inwoner van Okiep, se mondelinge voorlegging het gefokus op die gehalte van gesondheidsorg en ‘n vraag aan die Komitee gestel oor hoekom gemeenskappe van gehalte gesondheidsorgdienste geweier word en hoekom moet gemeenskappe wag vir gehalte gesondheidsorg eers wanneer NGV geïmplementeer word.












