Die aanstelling van Juf. Judine Johannes as permanente skoolhoof van Dryfsand Laerskool is met trots deur die gemeenskap verwelkom.

Wat dié mylpaal besonders maak, is dat sy die eerste leerder van die skool was en self uit Sanddrift afkomstig is.

In boodskappe van gelukwensing word Johannes beskryf as ’n inspirasie en ’n toonbeeld van deursettingsvermoë en leierskap.

Die gemeenskap glo haar aanstelling sal ’n positiewe impak hê en hoop haar leierskap bring groei en nuwe geleenthede vir die skool.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *