Die Noord-Kaapse provinsiale regering het Maandag, 27 November 2023, die 16 dae van aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders bekend gestel wat tot 10 Desember 2023 sal duur.
’n Pragtige ensemble van die provinsie se grootste talente het saamgekom om Sekunjalo op te voer.
Die verhaal beeld die harde werklikheid van ’n jong vrou, Poppy, wat deur haar kêrel mishandel word.
90 minute van nie net vermaak nie, maar opvoeding.
Die verhoogproduksie sal in alle distrikte vertoon word.
Intussen sal daar Donderdagaand om sesuur in die Okiep Rec Club ‘n kort dokumentêr, Kwart oor elf, gewys word.
Dit handel oor die stryd wat die transgender-individue in die gesig staar om toegang tot geregtigheid in die Noord- Kaap.
Meer as 50-duisend Suid- Afrikaners het vanjaar aangemeld dat hulle ‘n slagoffer van ‘n seksuele misdaad was.
Van hulle het 80% geregistreer dat hulle verkrag is.
Die dokumentêr word opgevolg deur ‘n kort ontlontings en helingsessie deur Ester Engelbrecht.













