Op 2024-01-09 om ongeveer 10:00 het lede van die Vala Umgodi-span saam met ‘n private sekuriteitsmaatskappy ‘n operasie in die Namaqua-distrik uitgevoer.

Die span het ‘n gebied deursoek waar daar beweer word dat onwettige mynbou plaasvind.

Kolonel Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder het bevestig dat vier mans  in myngate gevind en in hegtenis geneem is.

Twee ongedokumenteerde Zimbabwiese burgers van 17 en 39 jaar, asook twee Suid-Afrikaanse burgers van 29 en 30 jaar oud is in hegtenis geneem op aanklag van onwettige mynbou.

“Daar is beslag gelê op mynboutoerusting ter waarde van ongeveer R2 600, wat vermoedelik in die pleging van onwettige mynbou gebruik is. Daar is ook beslag gelê op diamantdraende gruis,” het kolonel Ehlers gesê.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola het die lede geloof vir hul volgehoue pogings om onwettige mynbou in die provinsie uit te roei.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *