Die gemeenskap van Namakwa kan nie uitgepraat raak van die 2023 Matriekuitslae.

Namakwa- distrik het die eerste plek in die provinsie behaal met ‘n van 81.6%

Die 18 jarige Vinette Fredericks het die eerste plek in die Namakwa- distrik behaal, en sy het 19de in die provinsie opgeeïndig.

Fredericks het van ‘n jonge ouderdom leiereienskappe openbaar.

Sy is van ‘n klein dorpie afkomstig in die Khâi Mai plaaslike munisipaliteit, naamlik Pella, en sy verduidelik so mooi dat jy 12km, vanaf die N14 afdraai na dit.

Dit het baie min mense, maar hulle is ‘n gehegte gemeenskap.

Alhoewel sy van die klein dorpie is het dit haar nie gekeer om groot te droom of die omstandighede waaruit jy kom, bepaal nie jou toekoms.

Moet nooit vir jou grense stel nie, maar ‘n mens is tot alles instaat deur God wat jou die krag gee.

Met soveel selfvertroue en met trots praat sy van Pella en wanneer sy klaar as mediese dokter geleer het, aan die Noordwes Universiteit in Bloemfoentein, is haar droom om terug te ploeg in haar gemeenskap.

Sy vertel sy was gebore met ‘n asma bors.

“Die kliniek maak 16:00 toe en dan in die aand sal ek ‘n probleem het om asem te haal. Daar was diè een spesifieke suster wat, al was dit watter tyd in die nag, dan het sy seker gemaak dat ek suurstof ontvang het. Vanaf tien jaar het nie meer asma nie,” het sy gesê.

Frederick is die produk van ‘n enkel ouer en sy vertel met trots dat haar moeder ‘n veeboer is.

Aan die 2023 matrikulante wat dit nie gemaak het het sy die volgende te sê; “My gunsteling kleur is grys en vir ‘n tyd in my lewe, het ek geglo dat dinge is of wit of swart, omdat ek persoonlik deur goed in my lewe gegaan het. Ek het besef dat dinge nie altyd swart of wit is, maar dat daar wel middel areas is. Diè wat dit nie gemaak het verdien ‘n tweede kans. Jy kan ‘n sukses van jou lewe maak, soos wanneer goed nie uitwerk in my lewe, dan dink ek terug aan die skrif in die Bybel in Prediker 3 wat sê, “Elke ding het sy bepaalde tyd. As jy suksesse in jou lewe bereik”

Sy voeg by deur te sê, moenie opinies vat van mense, wat nie in jou skoene gestaan het nie.

Met lof praat sy van al die opvoeders vanaf Pella RK Intermedïere skool, en Hoërskool Namakwaland.

Sy verwys daarna dat opvoeders goeie harte het, wat passievol is oor onderwys, lieflik is en baie omgee vir hulle kinders.

Aan haar onderwysers by Hoërskool Namakwaland vra sy dat hulle moet aangaan met hul goeie werk en om ‘n onderwyser te wees gaan meer as net om dit as ‘n beroep te beoefen, maar dit deel uitmaak van hul DNA.

Laastens voeg sy by dat onderwysers nie net opvoeders is, maar dat hulle sielkundige is, en vervul alle rolle by die skool.

“Ek wil dankie sê aan elke onderwyser by die skool,” sluit Vinette Fredericks af.  

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *