Namakwa Distriksmunisipaliteit betreur die hartseer nuus van die dood van twee graad 1-seuns, Dylan Brandt en Aldry Fortuin.

Hulle leweloos gevonde liggame is Sondag, 21 Januarie 2024, in Steinkopf, Nama-Khoi aangetref nadat hulle in ‘n onheiningsgebied gaan swem het.

Hulle was 7 jaar oud.

“Ons deel hierdie hartseer nuus om gemeenskapslede in kennis te stel. Ons hoop dat die plaaslike munisipaliteit en die gemeenskap hande sal vat om saam te werk en prioriteit aan veiligheid te gee.”

Mag ons saam staan in hierdie moeilike tyd.

Ons gedagtes en gebede is met die gesinne van Dylan en Aldry.

Mag hulle rus in vrede.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *