’n 30-JARIGE man is in die Galeshewe-streekhof skuldig bevind en gevonnis vir die mishandeling van sy twee jarige stiefseun.

Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Molefi Shemane, verduidelik dat die Galeshewe-polisie op 22 Mei 2022 ‘n klag oor kindermishandeling ontvang het.

“Die Galeshewe SAPD het ‘n klag ontvang in verband met ‘n stiefpa wat sy tweejarige kleuter mishandel het deur hom vir ‘n sekere tydperk met ‘n elektriese koord oor die hele liggaam te slaan,” het Shemane gesê.

“Die slagoffer was na die dokter geneem en die mediese ondersoek het die ernstige beserings wat die slagoffer opgedoen het bevestig.

Die beskuldigde is daarna in hegtenis geneem.” Die hof het die stiefpa tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die ondersoekbeampte van die Galeshewe-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS), sersant Oageng Moilwa, geloof vir sy “deeglike ondersoek” in die saak.

Otola het ook diegene wat dade van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord (GBVF) wil pleeg, daaraan herinner dat hulle aanspreeklik gehou sal word.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *