Nama Khoi-munisipaliteit wil namens die Vaal Sentraal Water die gemeenskap in stel van ‘n beplande watertoevoeronderbreking.
Dit is nodig om die verbyvloeipyplyn met die bestaande opgegradeerde pyplyn te verbind.
Die nuwe verbyvloeipyplyn sal ‘n hoër watertoevoerdruk moontlik maak wat reservoirs in staat sal stel om meer effektief te herstel na toekomstige onderbrekings en beurtkrag.
Die voorgestelde datums en tydperke vir die beplande onderbrekings is soos volg: Skedule 2 – Okiep-skakel begin vanaand om 18:00 en sal op môreoggend om 06:00 eindig.
