Die huidige kragonderbreking wat Lydia Links Park in die Richtersveld Munisipaliteit ervaar is weens kabels wat gesteel is.
Kabel diefstal is een van die munisipaliteit se grootste uitdagings en daarom doen hulle ‘n ernstige beroep op die gemeenskap van Port Nolloth om asseblief navore te kom indien hulle weet wie die kabels steel.
Lydia Links Park sal weer krag hê sodra die kabels vervang is.
Intussen nooi die burgemeester, Cornell Knoph die gemeenskap van Wyk 6 uit na ‘n gemeenskapsvergadering wat gehou sal word op Donderdag, 22 Februarie 2024.
Dit sal plaasvind in die Drop Inn Centre, Port Nolloth om 17:30.
“U teenwoordigheid sal hoog op prys gestel word,” het Knoph gesê.
