Lede van Phillipstown Suid- Afrikaanse Polisiediens het op Donderdag, 04 April 2024 twee veediewe by Lukhanyisweni-lokasie in Phillipstown aangekeer en gearresteer.

Die polisie het inligting oor beweerde veediefstal en veeprodukte by ‘n huis in Lukhanyisweni-lokasie, Phillipstown, opgevolg.

Die lede het die inligting geoperasionaliseer, die geïdentifiseerde adres deursoek en verskeie vleis van ‘n geslagte skaap gevind.

“Twee (2) manlike verdagtes van onderskeidelik 36 en 43 jaar oud is gearresteer en aangekla vir veediefstal en die besit van veeprodukte. Die twee sal na verwagting Woensdag, 10 April 2024 in die Phillipstown-landdroshof verskyn,” het die Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam gesê.

Boere word ook versoek om seker te maak dat hul vee gebrandmerk is, wat dit maklik maak om te identifiseer indien dit gesteel of geslag word.

“Luntu Ngubelanga, waarnemende provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, het aangedui dat die polisie bekommerd is oor die kriminele optrede van ons gemeenskappe aangesien die diefstal van vee wye sosiale en ekonomiese gevolge vir die boere en die Noord-Kaapse gemeenskappe inhou.”

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *