Die Prieska-landdroshof het ‘n 22-jarige man 15 jaar direkte gevangenisstraf opgelê vir die verkragting van ‘n minderjarige seun.
Op Sondag, 21 Mei 2021 omstreeks 22:30, terwyl die slagoffer by sy blyplek in ‘n Plakkerskamp was, het hy na die nabygeleë bosse uitgegaan om homself te verlig.
“Hy is deur die verdagte aangerand, wat hom met geweld gedreig en voortgegaan het om hom te verkrag. Die slagoffer se ouer suster het die beskuldigde op heterdaad betrap, en hom weggejaag,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Merapelo Pilane gesê.
Die voorval is by die polisie aangemeld en die beskuldigde is daarna in hegtenis geneem.
Die ondersoek is gelei deur sersant Riaan Van Wyk, van die Prieska-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe.
Die beskuldigde is skuldig bevind en gevonnis.
Hy is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam moet in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders aangeteken word.
