Die Suid- Afrikaanse Polisiediens- bestuur in die Noord-Kaap verwelkom die 16 jaar tronkstraf wat deur die Noord-Kaapse hooggeregshof aan die 36-jarige Ronald Mathebula vir moord opgelê is.
“In die vroeë oggendure van Vrydag, 8 Augustus 2023, het die beskuldigde by die Moderrivier-polisiestasie opgedaag en gerapporteer dat hy ‘n bakleiery met die slagoffer gehad het en dat hy hom moontlik doodgesteek het,” het die Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Merapelo Pilane gesê.
By verdere ondersoek is bevind dat die 34-jarige slagoffer weens sy beserings oorlede is.
Die beskuldigde is gearresteer en van moord aangekla.
Hy is later skuldig bevind en deur die Noord-Kaapse hooggeregshof gevonnis.
Hy is verder onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
