Die Carnarvon-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het op 25 April 2024 in die De Aar-streekhof 20 jaar tronkstraf vir twee Vosburg-verkragtings bekom.

Op 1 Februarie 2019 omstreeks 23:00 het die 35 jarige vroulike slagoffer in haar huis in Vosburg geslaap toe die beskuldigde ingebreek en haar verkrag het.

“Die slagoffer het die verdagte as die 27 jarige Pedro Hendricks oftewel “Trossie” herken en die polisie in kennis gestel nadat hy van die toneel gevlug het. Terwyl hy op borgtog was, het hy ‘n tweede 23-jarige vrou op 2 Junie 2022 in Vosburg verkrag,” het ‘n Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock gesê.

Hy is dadelik in hegtenis geneem en borgtog is suksesvol teengestaan.

Hy is aan beide verkragtings skuldig bevind en op 25 April 2024 as volg gevonnis:

Aanklag 1: 10 jaar direkte gevangenisstraf.

Aanklag 2: 10 jaar direkte gevangenisstraf.

Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het Speur- sersant Ayanda Phillips geloof vir sy noukeurige ondersoek wat verseker het dat geen straffeloosheid aan die plegers van hierdie gruwelike GBVF-misdade toegestaan word nie.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *