In die voortdurende stryd teen onwettige mynbedrywighede in die Namakwa-distrik, het die multi-dissiplinêre span van Operasie Vala Umgodi gister ‘n intelligensie-gedrewe operasie in Kleinzee uitgevoer.

Die inligting is geoperasionaliseer en vier (4) verdagtes is by die geïdentifiseerde mynplek aangekeer en gearresteer.

“Drie (3) Lesotho-mans tussen die ouderdomme van 25 en 32 jaar oud en een (1) Zimbabwiese man, 31 jaar oud, is vir onwettige mynbou in hegtenis geneem,” het die Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Molefi Shemane gesê.

Toerusting en gereedskap, wat vermoedelik gebruik word in die pleging van onwettige mynaktiwiteite, is van die gearresteerde verdagtes gekonfiskeer.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *