Sedert die begrotingstoespraak wat 21 Februarie 2024 plaasgevind het, gons Suid-Afrikaners oor die feit dat hulle toegang tot ‘n gedeelte van hul pensioenfonds vanaf 1 September 2024 sal hê.
Minister van Finansies Enoch Godongwana, het ook aangekondig dat bydraes tot aftreefondse verdeel sal word, met een derde wat in ‘n “spaarkomponent” gaan en twee derdes in ‘n “aftreekomponent”.
Hierdie inisiatief, volgens mnr. Godongwana, sal verseker dat die regering ‘n balans vind tussen die behoud van bydraes om ‘n beter aftrede vir lede te verseker, terwyl die nood van die mense aangespreek word deur hulle toegang te gee tot sommige van hul aftreefondse om hul finansiële laste in tye van nood te help verlig.
‘n Inwoner van Okiep het opgewonde gesê, dat haar geloof in die regering besig is omte herstel, want die nuus blaas hoop en verligting in haar.
Sy het ook verduidelikdat sy hiervan te wete gekom het toe sy die televisie aanskakel en ETV daaroor berig het in hul 8 uur nuus Sondag aand (21/07/2024).
