Die SAPD se misdaadintelligensie-eenheid in die ZF Mgcawu-distrik in samewerking met Upington-grenspolisie het vinnig opgetree nadat hulle belangrike inligting rakende dwelmberging by ‘n perseel in Rosedale ontvang het.
Dit het gelei dat vergdagtes suksesvol vasgetrek is.
Volgens Kolonel Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, het die misdaadintelligensie-span op geloofwaardige inligting opgetree, wat daartoe gelei het dat die span op 19 Julie vinnig opgetree het om ‘n taktiese operasie by ‘n adres in Rosedale uit te voer.
Die fokus van die operasie was die beweerde berging van dwelms by die geïdentifiseerde perseel.
Met hul aankoms het die beamptes ‘n 48-jarige vroulike verdagte op die perseel ontdek.
“Die soektog is in haar teenwoordigheid gedoen en dit het gelei tot die ontdekking en onmiddellike beslaglegging van dagga met ‘n straatwaarde van R42 525,” het Ehlers gesê.
Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, Luitenant-generaal Koliswa Otola, het die samewerkingspogings van wetstoepassing geloof en gemeenskapslede aangemoedig om voort te gaan om dwelmverwante aktiwiteite aan te meld.
