The Gift of the Givers het vandag ‘n Wiskunde en Wetenskap Laboratorium aan Herlear Primêre Skool in Kimberley oorhandig.
Die tema van die dag vir hierdie kosbare geskenk was getitel “Beste onder mense is diegene wat die mensdom bevoordeel”.
Hierdie Laboratorium is ten volle toegerus met instrumente en voorwerpe wat met kurrikulumverwante aktiwiteite te doen het.
Om voorsiening te maak vir die behoeftes van wiskunde en wetenskap, asook tegno-slim generering, word die voordele hiervan benut om leerders se begrip van Wetenskap en Wiskunde beginsels te verbeter.
Dit is dus noodsaaklik om aan te dui dat die ondersteuning aan Onderwys van onskatbare waarde is, aangesien leerders regstreeks daarby sal baat wanneer hulle voorbereid is op ‘n veranderende wêreld wat toegerus en ingelig is deur wiskunde, wetenskap en tegnologie.
Altesaam 10 skole in die provinsie sal ‘n Wiskunde- en Wetenskaplaboratorium van die Gift of the Givers ontvang.
Deur hierdie inisiatief kan ons inderdaad sê dat Onderwys ‘n maatskaplike aangeleentheid is, daarom word alle ander belanghebbendes uitgenooi en aangemoedig om by te dra tot die opvoeding van alle Suid-Afrikaanse kinders.

















