‘n 21-jarige man is deur die Kimberley-landdroshof tot 14 jaar en ses maande tronkstraf gevonnis nadat hy daarvan skuldig bevind was aan die peuter met spoorkabels in Cassandra.
Sersant Molefi Shemane, woordvoerder van die SAPD, het gesê die beskuldigde, David van Wyk, is daaraan skuldig bevind dat hy met noodsaaklike infrastruktuur gepeuter het toe hy op 2 Maart betrap is waar hy die seinkabel van ‘n Transnet-spoorlyn in Cassandra, Kimberley, gesny het.
Die beskuldigde het 26 Augustus 2024 op die Kimberley-landdroshof verskyn en was skuldig bevind.
“Hy is daarna in hegtenis geneem en borgtog is suksesvol teengestaan.”
Die waarnemende provinsiale kommissaris, generaal-majoor Luntu Ngubelanga, het sersant Orapeleng Mosala van die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad geloof vir sy noukeurige ondersoekwerk en vir die versekering van die skuldigbevinding en vonnis.
“Misdaad wat verband hou met die knoeiery van noodsaaklike infrastruktuur bly een van die prioriteite van die organisasie in die provinsie, en die polisie sal ‘n onverdraagsaamheidsbenadering toon om die veiligheid van noodsaaklike sleutelpunte te verseker,” het hy bygevoeg.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *