Graad 7 leerlinge van Matjieskloof Primêr het ‘n insiggewende tienerswangerskap-bewusmakingsprogram vanuit die kantoor van die uitvoerende burgemeester, Mervin Cloete op Donderdag (12/09/2024) ontvang.
Die program kan beskryf word as positief en interaktief.
Die toesprake van elke spreker het die leerders se onverdeelde aandag geniet en wanneer ‘n vraag gevra was, het die leerders se hande summier die lug in geskiet vir ‘n geleentheid om dit beantwoord.
Volgens verpleegster Michaela de Wet, van die dirtrik kantoor vir die departement van gesondheid, het sy melding gemaak van wat die wanopvattings rakende tienerswangerskap is, en wat egter kan lei tot stigma, skaamte en diskriminasie teen tienermoeders, wat hul vermoë om toegang tot ondersteuning en hulpbronne te belemmer.
“Dit is noodsaaklik om hierdie wanopvattings aan te spreek en omvattende reproduktiewe onderwys, toegang tot voorbehoedmiddels en ondersteuning vir tienermoeders te bevorder,” het de Wet gesê.
de Wet is vir tien jaar lank al ‘n geregistreerde verpleegster.
Tienerswangerskapbewustheid in Suid-Afrika het uiteenlopende resultate getoon.
Ondanks pogings om jongmense op te lei oor reproduktiewe gesondheid en swangerskapvoorkoming, bly die land steeds met uitdagings in verband met hierdie kwessie.
Om daardie rede bestaan programme soos hierdie een.
Dit het ten doel om leerders se aandag na die gevare van onbeskermde seks, sowel as die nagevolge daarvan en tienerswangerskappe op te lei.
Die boodskap wat die Distriksmunisipaliteit aan die leerders oorgedra het, was dat hul drome en toekoms die wag werd is en dat hulle waaksaam teen ‘n oomblik van swakheid moet wees wat hul lewenspad mag bepaal of beïnvloed.
“Bly gefokus, bemagtig en maak keuses wat jou potensiaal eer”.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *