Die Vedanta Zinc International-gemeenskap verkeer in rou ná die tragiese afsterwe van drie kollegas in ’n motorongeluk op Saterdag, 7 Februarie 2026.

Twee ander werknemers wat in die voorval betrokke was, word tans in die hospitaal behandel en toon tekens van herstel.

Die oorledenes is Athro Simboya (28), Ronaldo Spence (26) en Warren Meyer (40).

Simboya het in Desember 2020 by Black Mountain Mine Deeps aangesluit en was ’n Gevorderde Mynoperateur.

Hy word oorleef deur sy ma, broer, susters, ouma en uitgebreide familie.

Spence het in September 2024 by Black Mountain Mine Deeps begin werk en was ook ’n Gevorderde Mynoperateur.

Hy laat sy susters, lewensmaat en familie agter.

Meyer was sedert 2018 deel van die Gamsberg-span en het ten tyde van sy afsterwe as Supervisor by Purpl3 gedien.

Hy word oorleef deur sy moder, broer en twee seun en een dogter.

Die maatskappy het sy innige meegevoel aan die families betuig en bevestig dat ondersteuning aan personeel beskikbaar gestel sal word.

Vedanta se Hoof Menslike Hulpbronbeampte, Raylene Van Wyk, het werknemers aangemoedig om mekaar met deernis en respek te ondersteun gedurende hierdie moeilike tyd.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *