Die Namakwa-distriksdepartement van gesondheid het op 25 Februarie 2026 ’n HPV-inentingsveldtog by Francios Visser Laerskool in Pofadder aangebied.
Die veldtog was gemik op Graad 5-meisies van nege jaar en ouer om hulle teen servikale kanker te beskerm, ’n siekte waarvan meer as 5 700 nuwe gevalle jaarliks in Suid-Afrika aangemeld word.
Opgeleide gesondheidswerkers het die veiligheid en doeltreffendheid van die entstof beklemtoon en die inentings toegedien.
Ouers en voogde word aangemoedig om toestemmingsvorms betyds te onderteken en terug te stuur.
Servikale kanker bly die tweede mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse vroue.
Die Departement van Gesondheid implementeer sedert 2014, in samewerking met die Departement van Basiese Onderwys, die skoolgebaseerde HPV-inentingsprogram om die voorkoms van dié kanker landwyd te verminder.


