Dit is ‘n week sedert vyf mynwerkers ondergronds vasgekeer is na ‘n modderstorting by die Ekapa-myn in Kimberley op 17 Februarie.
Soek- en reddingsoperasies duur voort by die myn, met spanne wat dag en nag werk om die werkers ondergronds te bereik.
Vedanta Zinc International (VZI) het sy solidariteit met Ekapa, die geaffekteerde families en alle werknemers wat deur die tragedie geraak is, uitgespreek.
Die maatskappy het bevestig dat hul Mynreddingspan ontplooi is om ondersteuning te bied aan die reddings- en hersteloperasies.
VZI het hul volle ondersteuning aan die reddingspan toegesê en hulle sterkte, fokus en beskerming toegewens tydens hierdie uiters moeilike taak.
