’n Gesamentlike optrede deur die Springbok Hoofwegpatrollie en K9-eenhede het op gister, 20 April 2026 gelei tot die beslaglegging van hidroponiese dagga met ’n beraamde straatwaarde van meer as R289 200 by ’n plaaslike koerierdiens in Springbok.
Volgens inligting is die operasie omstreeks 12:40 van stapel gestuur ná ’n wenk oor ’n verdagte pakkie wat ’n sterk reuk van cannabis uitgestraal het. Beamptes het die pakket by die betrokke Paxi-diens onderskep en tydens inspeksie ’n groot plastieksak gevul met hidroponiese dagga ontdek.
Voorlopige bevindings dui daarop dat die pakkie vanaf Durban gestuur is en bestem was vir aflewering aan ’n onbekende ontvanger in die Namakwa-distrik.
’n Ondersoek is intussen geopen, terwyl geen arrestasies tot dusver gemaak is nie.
Die Namakwa Polisie het herbevestig dat dwelmhandel ’n ernstige bedreiging vir gemeenskappe inhou en beklemtoon dat hulle steeds vasbeslote is om hierdie misdaad in al sy vorme te bekamp.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *