Die Distrikskommissaris van die SAPD in Namakwa, Brigadier Schalk Andrews, het sy kommer uitgespreek oor die toenemende aantal geweldsmisdade wat in die distrik aangemeld word.

Volgens die polisie vind baie van hierdie misdade agter geslote deure plaas, wat dit moeiliker maak om misdaad te voorkom en te bekamp. Alkoholmisbruik word ook as ‘n belangrike bydraende faktor beskou, veral by kontakmisdade wat gereeld by vermaakplekke en sosiale byeenkomste voorkom.

Andrews sê sulke optrede versteur nie net die openbare orde nie, maar dra ook by tot geweld wat gemeenskappe negatief raak.

Die SAPD in Namakwa het intussen onderneem om sy optrede teen kontakmisdade op te skerp. Daar sal ook groter fokus geplaas word op die bekamping van dwelmhandel en alkoholmisbruik, terwyl pogings verskerp word om oortreders voor die gereg te bring.

Die publiek word aangemoedig om misdaad aan te meld deur die SAPD se Crime Stop-nommer of die My SAPS-selfoontoepassing te gebruik.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *