Die opwinding rondom vanjaar se Global Wind Day-kompetisie het hoog geloop toe Graad 9-leerders hul doekkunswerk en aanbieding aan die beoordelaars voorgelê het.

Die kompetisie, aangebied deur Kangnas Wind Farm, moedig leerders aan om kreatiewe oplossings oor hernubare energie en volhoubaarheid te ontwikkel.

Hoërskool Concordia se span, bestaande uit Kirishne Jurens, Taryn-Lee Maart, Lihaad Saal, Zeenith Cloete, Mia Muller en Kyle van Wyk, is deur mnr. Dillon Rutledge begelei.

Die skool tree vanjaar as verdedigende kampioen op nadat hulle verlede jaar die Turbine Triumph Trophy gewen het.

Die wenner van die kompetisie sal op 19 Junie aangekondig word.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *