Hoërskool Concordia het Vrydag, 12 Junie 2026 Jeugdag herdenk deur stil te staan by die 50ste herdenking van die Soweto-opstand van 16 Junie 1976.

Die skoolkantoor is vir die geleentheid met kerse, foto’s en die Suid-Afrikaanse vlag versier om die betekenis van die geskiedkundige dag uit te beeld.

Die program is geopen deur die prinsipaal, me. M. Stone-Coetzee, waarna die hoofdogter, Tyrelle van Rooi, en hoofseun, Nevic Loumouamou, boodskappe gelewer het.

Jean-Péte Smith het ’n toespraak oor die Soweto-opstand aangebied, terwyl Wihan Gribble die verrigtinge met sy gedig, Die Stem van Soweto, afgesluit het.

Die geleentheid het leerders aangemoedig om die nalatenskap van 1976 te eer en verantwoordelikheid vir hul eie toekoms te neem.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *