Verskeie Graad 9-leerders van Hoërskool Concordia gaan gedurende die Junie-skoolvakansie ‘n Rekeningkundige Bemagtigingsessie by Hoërskool SA van Wyk by te woon.
Die program is daarop gemik om leerders se kennis en begrip van Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe (EBW) te verdiep en hulle aan die beginsels van Rekeningkunde bloot te stel.
Die bemagtigingsessie vorm deel van ‘n breër inisiatief om leerders aan te moedig om Rekeningkunde as vak in Graad 10 en daarna te kies.
Deur praktiese blootstelling en akademiese ondersteuning poog die program om belangstelling in die vakgebied te kweek en leerders beter voor te berei vir hul toekomstige studies.
Die skool het die uitgenooide leerders gelukgewens met hul deelname en hulle aangemoedig om die geleentheid ten volle te benut.
Daar word vertrou dat die sessie nie net hul kennis sal uitbrei nie, maar ook hul selfvertroue en belangstelling in die vak sal versterk.
Die skool het sy trots uitgespreek oor elke Blouvlam-leerder wat gekies is om deel van die bemagtigende program te wees en wens hulle alle sterkte toe met hul verdere akademiese ontwikkeling.
