Me Venus Blennies is amptelik ingesweer as ‘n lid van die provinsiale wetgewer.

Die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer het  17 Oktober 2022 amptelik ‘n nuwe lid van die African National Congress ingesweer.

Die nuwe lid, me Venus Blennies, is ingesweer deur die Speaker, agbare Newrene Klaaste by die Wetgewer Ring in Kimberley.

Ná die bedanking van die ANC-LPW Lesole Dichaba het ‘n vakature op die lys van die ANC in die Provinsiale Wetgewer beskikbaar geword.

Speaker Klaaste het van die geleentheid gebruik gemaak om oud-LPW Dichaba sterkte toe te wens met sy toekomstige planne en wens agbare Blennies geluk met haar nuwe pos as lid van die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *