Die LUR vir die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, me Nontobeko Vilakazi het vroeër hierdie week, ‘n liefdadigheidsuitreiking op Port Nolloth behartig.
Die LUR was vergesel deur die waarnemende departementshoof, me Shouneez Kimmie-Wookey het tydens die uitreiking ouer persone van Port Nolloth in die Namaqua-distrik vereer.
Hierdie uitreiking word jaarliks rondom die Feestyd gedoen om nie net hulde te bring aan bejaardes nie, maar hulle te bedank vir die leiding en opofferings wat hulle gemaak het, om te verseker dat ons vandag vryheid geniet.
Die boodskap van LUR Vilakazi, het oorgeloop van hoop. Tydens die verrigtinge het sy laat hoor; “Ons hou steeds vas aan die hoop en geloof dat dinge ten goede sal verander. Ten spyte van die vele uitdagings en terugslae van die verlede onder ‘n onregverdige stelsel, het die ouer mense van vandag ons in toom en in lyn gehou en verseker dat ons die doelwit van ‘n vrye en gelyke samelewing bereik.”
NFM se Kopskuif-program doen gereeld bewusmaking rondom die veiligheid van bejaardes wat in vandag se samelewing gekonfronteer word met verskillende sosiale uitdagings.
“Geweld en verwaarlosing van bejaardes word mèèr gereeld en die fisiese, emosionele en finansiële mishandeling wat hulle moet verduur, eskaleer op ‘n kommerwekkende tempo.”
Die LUR het die bejaardes van port Nolloth verseker dat die plaaslike en provinsiale regering hulle sal ondersteun en dat; ‘hulle kan staatmaak op enige bystand wat ons binne ons plig kan lewer.’
Die LUR het ook ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om mishandeling aan te meld in watter vorm dit ook al mag wees.
“Bel ‘n maatskaplike werker of die polisie. Of jy kan jou raadslid aanmoedig om in te gryp en te verseker dat oortreders die volle mag van die wet in die gesig staar.”
Diue LUR het die dag se verrigtinge afgesluit met ‘n spesiale groete-boodskap aan alle bejaardes wat teenwoordig was.



