Vedanta Zinc International maak sterk staat op kommunikasie en om effektiewe kommunikasie te verseker met al die myn se belanghebbendes, het hul ‘n vennootskap met Radio Nfm aangegaan vir die afgelope vyf jaar om een van die myn se belangrikste belanghebbendes te bereik: hul gasheer- en arbeidssendinggemeenskappe.

Op Vrydag, 18 November, het Black Mountain Complex (BMC) ‘n ontbyt-brunch saam met Radio NFM en sy belanghebbendes aangebied om hul groei oor die jare te herdenk.

BMC-verteenwoordigers wat teenwoordig was op die dag was, Pieter van Greunen (BMC COO), Neville Basson (CSR Bestuurder), Grignion Green (bestuurder van gemeenskapsverhoudinge), en Shanice Franks (Kommunikasiebeampte).

“By BMC is een van die sleutel pilare van ons ESG-missie om gemeenskappe te transformeer, en as deel van hierdie reis, is ons bly om aan te kondig dat BMC sal begin werk op ons projek om Radio NFM se sein na die Khai-Ma munisipale gebied uit te brei.”

Hierdie sal verseker dat Radio NFM eksponensieel uitbrei en ‘n groter uitsaaigebied het.

Mag Die Stem Van Die Namakwa Mense Voortleef!

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *